Ek sal nooit Superwoman wees nie

Young woman dressed as superwoman, in studio

Ek praat nou die dag met n mamma wat ek al vir jare lank ken en tot my verbasing vertel sy vir my dat sy erg OCD het. Dit is natuurlik nie meer iets nuuts nie almal deesdae het OCD, dit is soos `n “sosiale grappie”. Ek het mooi geluister na haar worsteling om alles altyd skoon en netjies te hou, maar toe besef ek, dat ek het ook OCD!

Ek het dalk nie n obsessie om altyd skoon en netjies te wees nie, (vra maar my man dit sal nooit gebeur nie), maar ek het `n obsessie om `n perfekte ma te wees, `n perfekte vrou om alles altyd volgens te boek te probeer doen…..

Ek dink dit het altyd vir my gevoel asof mense altyd meer vir my kyk wat ek doen of hoe ek dit doen omrede ek so vroeg ma geword het, of omdat ek ses kinders het. Dit het vir my gevoel asof iemand wag dat ek `n fout moet maak. Alles was natuurlik net in my kop, want wie is nou perfek?

Dit was net vir myself wat ek probeer lyk het soos Superwomen, want ek kan mos alles hanteer, 6 kinders, 3 honde, `n man……

Tot my eie groot verbasing het ek “gefail”, ek kon nie meer alles doen nie! Ek kon nie meer my huis alleen skoon maak, agter my honde skoonmaak, my kinders gelukkig hou, nie eers gepraat van my man nie, en nie eers gepraat van myself nie! Ek het besef ek kan nie alles myself doen nie,ek kon nie meer by alles uitkom nie, die daaglikse wasgoed het tot vir my teveel geraak, die honde se geblaf het my mal gemaak en ek het besef ek is misluk…..

Ek het nooit eintlik gepraat oor my issues nie, altyd miskien net “gejoke” daaroor, maar toe ek begin MOAN toe besef ek daar is ander mammas wat ook net soos ek voel en ander mammas wat ook nie by alles kan uitkom nie.

Ons voel seker almal partykeer so. Vir my was dit net moeilik om te besef dat ek nie die superwoman was wat ek gehoop het ek kon wees nie, en ek moes plan maak, ek moes veranderinge maak aan my lewe sodat ek weer iewers kon begin asemhaal…

Ek het toe geen keuse gehad om my liefste hond weg te gee nie, en Skylar het n nuwe huis gekry n ou skoolvriendin het haar met ope arms gevat en ek het myself dood gehuil, vir dae lank! Ek weet dit is vir die beste ek kon net nie genoeg tyd aan haar ook spandeer nie, en met n geruste hart weet ek sy lewe nou `n Boxer droomlewe!

Ek sit immers nog met die allerdaagse issues, wasgoed wat opgaar, kinders wat gil, `n man wat oor alles kan kla,en dan my eie issues…. Ek sal seker nooit superwomen wees nie, nooit die perfekte ma of vrou wees nie, maar ek sal seker nooit opgee om een te probeer wees nie, en dit is hoekom ek “OCD” het.

Marisca Groenewald

Ek is n 32 jarige tuisbly mamma van 6 pragtige kinders, (3 meisies en 3 seuns). Vir my is elke dag ‘n wonderlike avontuur om deur my kinders se oe na die lewe te kyk en deur hulle oe alles vir die eerste keer te ervaar.

Related posts

Leave a Comment