Februarie, Liefde En Nuwe Uitdagings

love

Februarie, die maand van liefde, maanskyn, rose, sjampagne en nuwe uitdagings.
NOG ‘n besige maand wat voorlê met 1000de verrassings en dinge om na uit te sien. ‘n Nuwe maand met nuwe uitdagings, presies soos ek daarvan hou.
Vrydagoggend het ons weer ‘n redakteursvergadering. Ek sien nogal uit na diè een (ek het na die ander ook uitgesien), maar omdat ons span soveel nuwe idees het, voel ek al die kreatiwiteit in die lug.
Dis fronse, ja’s en nee’s, klomp miskiene en snaakse kyke, maar tog het ons almal op die uiteinde dieselfde idee en plan en dit is om Mammaklets op almal se lippe te sit.
Ons het regtig GROOOOOT planne, maar ek kan niks sê totdat dit nie deur die “groot baas” afgeteken is nie. Tot dan kan ek met niemand praat nie, want ek is hopeloos te opgewonde en mag dalk net my mond verby praat.
Julle sal sien ons het nuwe bloggers bygekry. Daar is nog een in die pyplyn (iets heeltemal anders as wat ons het), maar julle gaan haar vreeslik baie geniet….op ‘n ander “level”.
Januarie was maar ‘n stadige maand vir ons bekendes, maar hulle onderhoude gaan nou begin oplyn en ek sien veral daarna uit!
Ek wil graag elkeen bedank vir jul ondersteuning, van my bloggers tot ons lesers. Ons het geweldig gegroei hierdie afgelope 3 maande en beplan om nog groter te raak. Ons werk regtig hard agter die skerms en sonder bloggers en lesers was ons vir seker nie so groot sukses nie. Julle moet dophou, ons artikels gaan net nog beter raak. Julle sal nie kan ophou lees nie!
Mag julle ‘n liefde gevulde maand hê, maar onthou selfliefde is ook belangrik. As daar dan nou nie ‘n ou kaartjie of roos in die pos is nie, onthou net, geen ander mens kan jou gelukkig maak nie. Net jy kan dit doen – koop sommer jou eie bos rooi rose en basta met die res!
Groete
Johanise

Related posts

Leave a Comment