My Top 7 Bederf Produkte Vir Die Maand

body-913908__340 (002)

Deur Melissa Aucamp

Ek sê altyd jy kan my omkoop met sjampanje, sjokolade, gegeurde kerse en bubble bath. Daar is net iets aan mooi verpakte, lekker ruik produkte wat enige vrou kinderlik opgewonde maak. Ek maak maandeliks ‘n punt daarvan om ‘n nuwe “ bederfie” te ontdek. Iets wat nie noodwendig broodnodig is nie, maar my goed laat voel, want as jy goed voel, lyk jy ook sommer goed. So hier is 7 “bederf”produkte wat jy gerus kan probeer:
1. British Rose Fresh Plumping Mask van The Body Shop:
Daar is in my oë geen “Pick – me – upper”soos ‘n luukse gesigsmasker nie, en dié masker doen net die truuk. Hand gekieste Rose vanuit Engeland word gepluk en in die masker gebruik. Die stukkies roos kan gesien en voel word, die reuk van hierdie masker is luuks, vars, sag en vroulik. ‘n Wonderlike masker om voor ‘n funksie of aand uit aan te wend, ‘n dadelike glans is sigbaar na een gebruik. Ek is verlief op dié produk. Dit sal enige vrou soos ‘n Egte Cleopatra laat voel.

2. Coconut Shower Cream van The Body Shop:
Kokosneut laat my altyd voel asof ek op vakansie is. Hierdie “vakansie in ‘n bottel” is so sag op mens se lyf om rede dit ‘n roomwas is. My gunsteling feit van die lyfwas is dat dit in ‘n klein 60ml botteltjie ook voorkom en maklik in ‘n badkamer sakkie vir die hospitaal of ‘n wegbreuk kan pas. Dit het wonderlik vir my gewerk met die geboorte van my dogtertjie in die hospitaal, want dit vat min plek en ek het dadelik verfris gevoel na die stort. WENK: kry gerus die bypassende klein kokosneut lyfbotter ook vir jou hospitaal sak.

3. Blondme Color Correction Spray Conditioner van Schwarzkopf:
Enige blondine moet dié “color correction, Cool-Ice“ produk besit. Dit kanselleer geel ondertone in jou hare en behou die platinum kleur, maar wat die produk onweerstaanbaar maak is weereens die reuk . Ek hou ook van ‘n haar produk wat mens op nat of droë hare kan gebruik en met die produk is dit moontlik.

4. Advanced Techniques Nourishing Hair Serum met Moroccan Argan oil van Avon:
Ek kry nie genoeg van al Avon se serums nie, dit ruik heerlik en die serum hou heeldag in jou hare. Ek gebruik 4 van hulle serums en elkeen is wonderlik. Ek glo in Argan olie en kan ‘n verskil in my hare sien en voel. Nog ‘n pluspunt: dit is bekostigbaar en hulle het promosies op die produkte.

5. Skin so Soft Enhance and Glow 7 in 1 Body Lotion van Avon:
Ek is nie een vir selfbruin middels nie, bloot oor ek altyd strepe maak en die reuk sit my ook af. Hierdie 7 in 1 lotion help met selluliet, het ‘n ligte glans en ‘n baie ligte self verbuiner. Indien jy ‘n dun lagie aanwend kan jy geen strepe sien nie en dit behou jou bruin kleur sonder die ooglopende geel kleur, kenmerkend aan vals verbruin middels.

6. Tissue Oil Softening Body Butter van Justine:
Tissue olie is oor die algemeen goed vir merke en veroudering. Hierdie lyfbotter ruik heerlik en is sysag op die vel. Justine Tissue olie badsout is net so ‘n wonderlike produk. Die reuk hang nog lank na jou bad in die lug.

7. Coffee scented candle van Mr Price Home:
Niks gee warmte aan ‘n huis soos warm reuke nie. Hierdie lekker ruik kers van Mr Price Home lyk pragtig in ‘n deurskynende glashouer in koffiebone of net so op jou bad se rant. Dit ruik onweerstaanbaar en gesellig. WENK: versier verskillende vertrekke in jou huis met verskillende reuke om by jou temas en kleure te pas.

Ons vroue hou van koop en gee, veral vir ons kinders. Ons vergeet soms om onsself ook so nou en dan te bederf. Kry dié maand iets vir jouself wat nie nodig is nie, maar lekker is, dit is voorwaar lafenis vir die siel…

Related posts

Leave a Comment