lekkerbekkie Kinderstorie 11 September 2018/Uitgawe 11

anna emm logo

Die stink blommetjie deur Anna Emmanna emm logo

Daar was eenmaal ‘n stink blommetjie wat tussen die ander blommetjies in ‘n mooi tuin

gegroei het. Die blommetjie het nie die heeltyd gestink nie – net wanneer sy skrik of benoud raak. Sy kon dit nie help nie, en dan maak dit haar vreeslik skaam.
Op ‘n dag vlieg ‘n groot, geel kewer bokant die blommetjie se kop verby, en sy skrik so groot dat sy dadelik begin stink. “Wie stink so?” vra die ander blommetjies vieserig en druk hulle neuse toe.
“Ja, wie stink so?” vra die roosboompie oorkant die paadjie. “Nou kan die mense nie my pragtige rose ruik nie!” Die stink blommetjie kruip diep agter die blare weg en hoop niemand kom agter dat sit sý is wat nie lekker ruik nie.
Die volgende dag kruip ‘n groot, vet brulpadda deur die bedding. Die blomme gril en jaag hom weg, maar die stink blommetjie het so groot geskrik dat sy dadelik weer begin stink het. “Ruik net hoe aaklig ruik daai padda!” roep die ander blommetjies uit en druk hulle neusies toe. Die stink blommetjie maak haar steeltjie so kort soos wat sy kan en hoop die ander blommetjies kom nie agter dat dit eintlik sý is wat so stink nie.
Op ‘n dag gebeur daar ‘n vreeslike ding. ‘n Swerm nare sprinkane kom land in die bedding en begin aan die pragtige blomme knaag! “Gaan weg!” roep die blomme, maar die sprinkane luister nie.
Die stink blommetjie se hartjie klop woes, en omdat sy so benoud is begin sy vreeslik stink! Sy stink so erg dat die sprinkane ophou vreet. “Wat is daai reuk!” roep hulle uit. “Dis aaklig! Stop dit! Stop dit!” Die stink blommetjie se stink ruik baie erger vir die aaklige sprinkane as vir die blommetjies, en hulle vlug so ver as moontlik weg van die bedding.
“Dis jý wat so stink, né?” vra een van die ander blommetjies saggies vir die stink blommetjie.
“Ja,” snik die stink blommetjie. “Ek is jammer. Ek kan dit nie help nie. Ek is ‘n stink blommetjie.”
Maar niemand is kwaad vir die blommetjie nie, en niemand kla meer oor die stink reuk nie. Al die ander blomme en plante verstaan nou dat die stink blommetjie hulle lewens gered het! En van daardie dag af het hulle baie mooi na haar gekyk. Sy het al die goggas en insekte weggejaag was aan die plante wou kom knaag, en wanneer sy per ongeluk ‘n bietjie gestink het, het die ander blomme gemaak of hulle dit nie ruik nie.”Die Stink Blommetjie1
NB: Hierdie storie en illustrasie is die eiendom van Anna Emm Uitgewers en is onder kopiereg. Dit is uitsluitlik vir ons gebruik. Indien jy dit van ‘n ander publikasie, webwerf of verspreider ontvang wat dit onder sy/haar eie naam versprei,

Related posts

Leave a Comment