AMOR EN HAAR TV

tv

DEUR JO FOURIE

Die hele land is in rep en roer en treur saam met Amor omdat Joost haar net ‘n TV gelos het.

Kyk, ‘n Joost-fan was ek nog nooit, maar as ek moet kies tussen die twee, sou hy seker gewen het.  Punt is, hoekom moes hy enige iets aan haar bemaak het?  Sy bates gaan alles aan sy kinders, dit wys waar sy prioriteite gelê het en wie belangrik was vir hom.

Kom ons kyk gou na “arme” Amor.  Was sy nie jare gelede die rede hoekom Joost en sy eerste vrou, Marlene, geskei is nie?  As nie, was sy redelik vinnig beskikbaar om Joost se trane na die egskeiding af te vee.  Maar dit daar gelaat, dit is ou koeie.

As enige iemand my so paar klappe toegedien het wanneer ek hulpeloos in ‘n rolstoel gesit het, sou hulle beslis nie eers ‘n televisiestel by my ge-erf het nie.  Dan ook die woorde wat sy hom toegesnou het op daardie skokkende video wat Joost se broer laat uitlek het.

“Jy is in ‘n rolstoel, Seuntjie. Jy kan niks vir jouself doen nie.  Ek het jou nie nodig in my lewe nie.  Jy is so ‘n low-life poephol.”

Sy het selfs sy ouers gesê sy glo hy is in die hel saam met sy oupa en ouma.

Punt is, sy het self gesê sy het hom nie nodig nie.  Nou soek sy aandag by die nasie oor ‘n armsalige TV.

In 2005 ontvang sy ‘n “undisclosed amount” van Loslyf ontvang omdat hulle in Desember 2004 foto’s van haar tieties gepubliseer het.  Hoekom was daar foto’s van haar tieties??

Miskien is “arme” Amor net nog bietjie suur omdat die wulpse en jong Marlize van Emmenis vir Joost meer plesier verskaf het met sy 1995 World Cup vieringe…

As sy as aktrise en sangeres haar sout werd was, sou 7de Laan moontlik haar kontrak as die kommin Zelda verleng het of meer permanent gemaak het, dan kon sy darem na haarself kyk.

Daar is baie vrouens (en mans) wat skei en met veel minder as ‘n televisiestel daar uitstap.  Bitter baie kinders kry nie die voordele wat hierdie klein Van Der Westhuizens kry van hul pa se boedel nie.  En ek is regtig uit my hart bly vir die twee mooi kinders.  Daar is kinders wie se ouers skaars kos en skoolgeld kan betaal na skeidings of afsterwes. Wie van ‘n groot huis na ‘n eenslaapkamer woonstel moet trek. Wie se ma of pa hul lewe omwerk om net in hul kinders se basiese behoeftes te voorsien, want die ander ouer betaal nie ‘n sent onderhoud nie of het net skuld agtergelaat met sy/haar afsterwe.  Daar is mense wie se wederhelfte afsterf wat ALLES verloor.  Wie nie eers meer net die SABC kanale kan bekostig nie.  Wie nie kos het nie, wie die kinders in ‘n kinderhuis moet plaas, want hulle kan eenvoudig net nie finansiëel na die kinders omsien nie.  Wie daardie televisiestel sou aangryp en by die naaste pawn shop sal gaan verkoop, sodat hulle vanaand kos op die tafel kan sit vir hulle kinders.  Of ‘n warm kledingstuk gaan koop.  Daar is mense wat met dankbaarheid ‘n televisiestel sou gryp en hulle lewe daarmee sou probeer verbeter.  Daardie mense maak nie ‘n openbare spektakel van hulleself nie.   Hulle is te trots!

Ai Amor.  Dis nie dat ek ‘n issue met jou het nie.  Ek dink net jy soek bietjie aandag.

 

 

Related posts

Leave a Comment