lekkerbekkie Kinderstorie 11 September 2018/Uitgawe 11

lekkerbekkie Kinderstorie 11 September 2018/Uitgawe 11

Die stink blommetjie deur Anna Emm Daar was eenmaal ‘n stink blommetjie wat tussen die ander blommetjies in ‘n mooi tuin gegroei het. Die blommetjie het nie die heeltyd gestink nie – net wanneer sy skrik of benoud raak. Sy kon dit nie help nie, en dan maak dit haar vreeslik skaam. Op ‘n dag vlieg ‘n groot, geel kewer bokant die blommetjie se kop verby, en sy skrik so groot dat sy dadelik begin stink. “Wie stink so?” vra die ander blommetjies vieserig en druk hulle neuse toe. “Ja,…

Read More

Die Dood Is Altyd Moeilik

Die Dood Is Altyd Moeilik

Deur Lana Theron Die afsterwe van ‘n geliefde is baie traumaties vir ‘n kind van enige ouderdom. Die tydperk direk na die afsterwe is kritiek en kan bepaal hoe kinders in die toekoms dood hanteer. Vir dié rede is dit belangrik dat ouers/geliefdes dit effektief hanteer. Hier volg ‘n paar wenke oor hoe om emosionele reaksies van kinders te hanteer na ‘n afsterwe: Om vir ‘n kind te sê dat ‘n geliefde oorlede is, is ‘n baie moeilike taak. Die persoon wat die nuus bekend maak moet die kind se…

Read More

My Top 7 Bederf Produkte Vir Die Maand

My Top 7 Bederf Produkte Vir Die Maand

Deur Melissa Aucamp Ek sê altyd jy kan my omkoop met sjampanje, sjokolade, gegeurde kerse en bubble bath. Daar is net iets aan mooi verpakte, lekker ruik produkte wat enige vrou kinderlik opgewonde maak. Ek maak maandeliks ‘n punt daarvan om ‘n nuwe “ bederfie” te ontdek. Iets wat nie noodwendig broodnodig is nie, maar my goed laat voel, want as jy goed voel, lyk jy ook sommer goed. So hier is 7 “bederf”produkte wat jy gerus kan probeer: 1. British Rose Fresh Plumping Mask van The Body Shop: Daar…

Read More

Kophoue: Wanneer moet jy bekommerd raak?

Kophoue: Wanneer moet jy bekommerd raak?

Ek was en is nie ‘n ma wat oppiep nie, maar ek moet sê, kophoue het my nog altyd onrustig gemaak… Soos wat jou baba meer mobiel raak – hy leer kruip en loop op sy eie – gaan hy baie keer val, dikwels op sy kop. Jou baba se skedel beskerm sy brein en is so ontwerp dat dit die stampe en stote van sy vroeë kinderdae kan weerstaan sonder veel skade. Daar is egter tye dat ’n baba erg seer kan kry. Weet waarmee jy te doen het…

Read More

Tuisstimulasie Is ‘n Moet

Tuisstimulasie Is ‘n Moet

Wat moet jy stimuleer? Jou peuter is ’n ontdekker met ’n natuurlike instink om meer oor die wêreld om haar te leer. Jou rol as ouer is om haar soveel moontlik geleenthede te gee om haar begrip van haar leefwêreld te versterk en te verbeter. Onthou, dinge wat ons as vanselfsprekend beskou, soos dat watte sag en klippe hard is, moet jou peuter nog ontdek. In jou stimulasie-aktiwiteite behoort jy veral te let op taalontwikkeling, groot motoriese ontwikkeling, sensoriese aktiwiteite en fyn motoriese vaardighede. Taal slim Navorsing het getoon die…

Read More

Mamma…..Waar Is Die Hemel?

Mamma…..Waar Is Die Hemel?

Deur Emsie Fuhri Dood is ‘n normale gang van die lewe, maar dis moeiliker as dit iemand naby aan ons is. Soms is die dood van ‘n geliefde moeilik om te verwerk. Volgens Sigmund Freud is dit nog moeiliker vir jonger kinders om te rou. Studies het het ook getoon dat kinders wel die vermoë het om te rou, maar die proses vat baie langer om te verwerk as vir volwassenes. Dis ‘n belangrike stap tot genesing om hartseer te voel en soms uiting te gee deur te huil en…

Read More

Hanteer “moeilike” kinders sò.

Hanteer “moeilike” kinders sò.

Lana Theron, ons Geregistreerde Berader, se eerste artikel. Ek glo elke ouer kan baat hierby. Kinders word dikwels geïdentifiseer as “moeilik” wanneer hulle besig, sterkwillig, kort van draad of emosioneel is. Dié eienskappe is baie keer deel van so ‘n kind se persoonlikheid en hoef nie noodwendig ‘n slegte ding te wees nie. Ons as grootmense kan help om die kinders te leer hoe om hierdie handige, maar soms moeilike eienskappe, te beheer. Omdat hierdie eienskappe ‘n kind se gedrag sterk beïnvloed en gedrag beheerbaar is, is daar baie klein…

Read More

Mans: Laat Kyk Na Jou Prostaat

Mans:  Laat Kyk Na Jou Prostaat

Mans met ‘n familie geskiedenis van prostaatkanker moet vir prostaat ondersoeke gaan vanaf ouderdom 40, so sê een van Suid-Afrika se top Uroloë, Dr Dirk Ligthelm van die Urologie Hospitaal in Pretoria. Hy sê mans moet hul algemene praktisyn of uroloog vir ‘n prostaat bloedtoets en rektale ondersoek sien. Die prostaat bloedtoets meet die vlakke prostaat spesifieke antigeen (proteïen) in die bloed en met ‘n rektale ondersoek kan enige onreëlmatighede opgespoor word. Indien ‘n verhoogde prostaat bloedtoets vlak met die bloedtoets en suspisieuse knoppies op die prostaat met die rektale…

Read More

VMV – Wat Is Dit En Hoe Raak Dit My

VMV – Wat Is Dit En Hoe Raak Dit My

As jy ‘n aktiewe medisiese fonds verbruiker is, bestaan die moontlikheid dat jy al gehoor of gebruik gemaak het van ‘n VMV kondisie/voordeel (Voorgeskrewe Minimum Voordele – VMV) Die basiese (en in sommige opsigte nie so akurate) beskrywing is: ‘Loss of life or limb.’ Terwyl die beskrywing sin maak en dit baie duidelik sê wat die voordeel is, is daar tog ‘n reeks kondisies wat nie onmiddelike afsterwe as nagevolg het nie. Kom ons kyk na die voordeel self. Die Raad van Mediese Fondse het ‘n lys toestande geidentifiseer wat…

Read More

Gebruik Gewigte Om Gewig Te Verloor

Gebruik Gewigte Om Gewig Te Verloor

Voel jou liggaam moeg en sukkel jy om gewig te verloor al oefen jy gereeld? Dan doen jy moontlik te veel kardio (en te stadig) en het jy van gewigte vergeet. Alhoewel kardio (swem, fietsry en hardloop) teen dieselfde pas baie gesondheidsvoordele inhou, is gewigsverlies nie een van hulle nie. Jy sal gewigte met kardio moet kombineer om van die gewig ontslae te raak. In een studie, gepubliseer in Journal Of Applied Physiology, is mense wat weerstand oefening doen meer geneig om spiere te bou, sterker te word en meer…

Read More