Ons bloggers

2015-04-03-11-15-42Ek is ‘n aktiewe en genadiglik gesonde, Ouma van 66. Gekwalifiseerde Radiografis, maar dit ná my swangerskappe nooit weer be-oefen. My 2 dogters van 41 en 38 het 1 en 2 kinders respektiewelik. Ek was ‘n enigste kind/dogter en my 2 kinders is dogters met hulle 2 eerstes ook dogters. My laaste van my laaste is ‘n seun – en is hy nie ‘n seun nie! Bevoorreg genoeg gewees om ‘n nie-werkende Mamma te wees alhoewel my Dansateljee my buitenshuis besig gehou het. Na my man die lewe verlaat het, het ek my toegespits op ‘n aktiewe lewe van Baldanse, oefeninge en sosiale verkeer. Gou verveeld geraak met die sosiale sy en fleksie-tyd admin-werk begin doen – nogsteeds! Is bevoorreg om vriende te hê waarmeesaam ek kamp en toer/rondrits en dans. My kleinkinders is ‘n volgehoue bron van plesier en langs die pad kom ‘nie-bloed’-kleinkinders ook by! OUMA OSSEWA

 

 

ezandaEk is ‘n mamma van ‘n baie lewendige-koliek gehad-bruin oog-draai sy pappa om sy pinkie-seuntjie wat nou net so bietjie ouer as ‘n jaar is. Ek het groot geword in Pretoria saam met my ouers en jonger sussie en ek en my ‘nuwe’ gesinnetjie het ‘n nuwe avontuur aan die begin van 2016 in die Kaap begin. Ek is ‘n onderwyser van beroep en gee op die oomblik klas by ‘n privaat universiteit. My man is ‘n vlieënier en ons is ongelooflik trots op hom. Mamma-wees is die grootste seën en een van die beste dinge wat ooit met my kon gebeur het en ons kan nie wag vir die volgende een nie! EZANDA ZANDBERG

 

 

myliefiekindersEk is ‘n 36 jarige mamma van 2 pragtige seuns (4 jaar en 4 maande). As fotograaf het ek al die geleentheid gehad om baie interessante dinge te beleef en inspirerende mense te ontmoet wat ek nie andersins sou nie. Deur my briewe aan my seuns probeer ek van die dinge met hul deel wat ek by die koerant geleer het (maar ook daagliks deur my werk en die mense wat ek afneem) . Dit is vir my belangrik dat hul eendag die mooi in ander sal raaksien, hul passie sal volg en nooit hul entoesiasme vir die lewe verloor nie.
BRENDA VELDTMAN

 

bty My naam is Caroline Olivier, ek is oorspronklik van Kaapstad, maar was bevooreg genoeg om in Durban groot te word en op ‘n vroeë ouderdom te besef dat die lekker lewe, die lewe in die Kaap is toe ek in 2002 weer veilig terug besorg is aan die Moederstad. Ek vind enige vorm van hervormering interressant, hetsy dit tuinmaak is ( ek moet bieg, ek is nie baie goed met tuinmaak nie), binneshuisversiering, skepping met kwaste en verwe en natuurlik, die mees ooglopendste is skoonheid – alles van persoonlike versorging (unisex), tot gedaanteverwisselinge met grimering en plastiese chirurgie (nie dat ek die mes ooit sal aanbeveel of self al getoets het nie), ek geniet eenvoudig die voor en na kiekies … die flop gevalle ook, want dit hou ‘n mens dankbaar vir wat jy het). Ek geniet tuisgemaakte brousels en hul helende kwaliteite (soos my toekomstige blogs ook sal verklik) en alles wat mooi-maak lekker maak. Ek beskou myself as ‘n vredeliewende siel wie kunste geniet, en geniet ook elke dan en wan om my eie stories te skryf. Ek is ‘n mamma van ‘n volgroeide man van 36, een hond en ‘n kat. Ons woon op die buitewyke van Durbanville in Kaapstad… en daarmee bedoel ek , soos meeste van my buurmense – Kraaifontein. Die stigmas van die woonareas dryf mens na wit-leuentjies elke nou en dan. Ek is van kindsbeen af geïnterresseerd in tof en tooi en onthou my kinderpakslae oor ‘mamma se makeup’ baie goed. Dit het gereeld gebeur, maar waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg en ek het hom keer op keer givind… so ook keer op keer die brand van die houtlepel oor my sitvlak voel skel. Op die einde was al die pakslae die moeite werd, want vandag geniet ek my eie klein salonnetjie by die huis waarin ek kliente, familie en vriende diens met naeltjies, lang wimpers, mooi voetjies en spog grimering vir okasies. Just Breathe is klein plekke weggesteek in ‘n woonbuurt waar mammas en moeë vroutjies kom asem skep en hulself bederf. Dis ‘n stokperdjie en nie ‘n reusagtige besigheid nie, maar dit verleen wat ander skoonheidssalonne nie kan dra nie – menslikheid.
Ek hoop my insigte en ervarings met al die skoonheidstoetse, boererate, nuwe produkte en bederf-jouself geheimpies maak vir lekker lagl en positiewe toetslopies.
Groete en veëtjiestof-liefde, CAROLINE OLIVIER

 

profile-imageEk is ‘n mamma. ‘n Mamma met groot passie en liefde vir my klein dogtertjie Noa, maar ek is ook n mamma met foute. Dinge gaan nie altyd soos plan nie maar ek is regtig geseend met n goeie familie en met God aan ons kant. ADELE YSEL

 

 

 

569Ek is die jongste van 4 kinders.  Gebore in n semi Afrikaner huis, ma is Afrikaans en my pa was Engels. Ons moes van klein dag af al takies doen in die huis wat ons onafhankliheid en verantwoordelikheid geleer het.  Ek en my man is al 13jaar getroud en ons enigste liefkind is normal gebore.  Ons hele gesin se lewe het verander toe Liefkind op 8 maande amper versmoor het.  Sy is gediagnoseer met breinskade, was 2maande heeltemal blind en het Epilepsie.  Haar Epilepsie is nie ten volle beheer met medisyne nie.  As gesin is ons mal oor diere.  Hiers honde en katte en visse en ‘n skilpad.  Ons is ook lief vir die natuur en kamp gereeld. Ons liefiekind is 6 die jaar en is geseend met goeie gesondheid, n sterk wil en ‘n wonderlike gemeenskap waarin sy groot word. Ek glo die klein dingetjies in die lewe maak die verskil.  Ek skryf graag oor my liefkind se pad met die konkels en neerval en opstaan staaltjies wat daarmee saamkom.  LINDIE

 

mamma-klets-aspoestertjieEk is ‘n doodgewone vrou. My 40ste verjaarsdag is nog te vinde in my kort termyn geheue en ek is al 16 jaar getroud met die beste man in die wêreld (obviously). Die drie mooiste kinders in die wêreld (obviously), noem my mamma. Die oudste staan gereed om volgende jaar haar hoërskool loopbaan te begin en dan is daar die twee jonger boeties, Gr 1 en Gr 5. Ons gesinnetjie se tuiste is in Kuilsrivier in die Wes-Kaap. Ons is Kapenaars in murg en been! Ek het die ongelooflike voorreg om die voltydse uitvoerende direkteur van my huishouding te wees en nou en dan benodig manlief my hulp by sy besigheid. (hulle kan ook maar nie sonder die hulp van ons vroulike geslag klaarkom nie)
My passies in die lewe is my verhouding met my Hemelse Vader en my gesin, my verslawing is hekel, hekel, hekel en dan is ‘n goeie bottel rooiwyn ook iets waarvoor ek groot waardering het. My huishouding is nooit sonder ‘n mate van drama, opwinding en bedrywigheid nie; meeste van die tyd sommer al drie in een. Dikwels skryf ek in my gedagtes “opstelle” oor hierdie geleenthede / gebeurtenisse / rampe en ek dink dis tyd om die spreekwoordelike pen op papier te sit en my insig en lewenservaring met my medereisigers op die pad van moederskap te deel!
Groete ASPOESTERTJIE

 

mamma-kletsMy naam is Emsie Führi, ek is ‘n Opvoedkundige Sielkundige. My eerste beroep was as ‘n Laerskool onderwyser waar ek dadelik agtergekom het dat ons kinders van vandag baie hulp nodig het. Ek het toe na 3 jaar in die onderwys besluit om my studies verder te neem, en het ingeskryf by Unisa se Opvoedkundige Sielkunde program. Daar het ek my Meestersgraad klaar gemaak met ‘n verhandeling wat ingedien is oor die Sielkundige effek op kleinkinders as hulle deur hulle grootouers groot gemaak word. Ek is tans betrokke by verskeie skole waar ek skolastiese sowel as emosionele/ gedragsprobleme aanspreek. Ek het ook my eie praktyk in Wonderboom suid, Pretoria. Die Here het my geseën met ‘n wonderlike ondersteunende man en saam het ons twee pragtige kinders, Ruben en Dané. Ouerleiding is vir my ‘n passie en ek ge niet dit om saam met ouers te sit en oplossings vir allerdaagste kinderprobleme te vind. EMSIE FUHRI

 

IMG-20160828-WA0031

Ek is ñ 33 jarige mamma van 6 pragtige kinders, 3 dogters en 3 ROWWE seuns. Elkeen van hulle het ñ unieke persoonlikheid en dit maak elkedag verseker iets spesiaals. My oudste Mia is nou in Gr.9 en ballet en grimeering is gelukkig haar eerste keuse op die oomblik, Mischa is in Gr.6 sy is mal oor haar sport, Gisela het ook die jaar met Laerskool begin sy is nou in Gr.4 en ñ klein aktrise , my seuns, Mikhail is in Gr.2 hy is so vinnig soos die wind laat nie op hom wag nie en is mal oor sy rugby, Leo is nou amper 6 jaar oud en ons twee is besig met tuisskool om hom reg te kry vir Gr.1, hy is natuurlik ñ bondeltjie energie so oulik soos wat hy is het hy sy maniere om sy ma se geduld daagliks te toets, dan laaste maar nie die minste nie is dit Jack hy raak nou een van die dae 2 jaar oud,maar hy dink hy is sommer baie groot, hy sorg vir al my nuwe gryshare. Ek is nog smoor verlief op my man wat ek al in Hoërskool ontmoet het en dan het ons nog 2 yorkies Peanut en Sophie wat ook natuurlik my kinders is. Ons hou daarvan om elke Sondag nuwe dinge te doen, staproetes, museums en dan natuurlik bly die see ons gunsteling plek. Nuwe avonture is defnitief eerste op ons lysie vir die jaar. MARISCA GROENEWALD

 

Annoniem is ‘n geakkrediteerde mediese fonds spesialis wie by ‘n Mediese Fonds Makelaar in diens is, wat vir sestien van die mediese fonds reuse geregistreer is.
Haar skrywes moet onder geen omstandighede as mediese fonds advies beskou word nie, maar wel as insiggewende feite en/of gevalle wat inspireer is deur ware verhale.
Sy spesialiseer in Discovery Mediese fonds en feite hierby ingebring is gebasseer op die spesisfieke skema se reëls en regulasies, alhoewel mediese fondse oor die algemeen hierdie reëls en regulasies volg, is daar tog afwykings van skema tot skema.
Inligting oor mediese versekering en ander finansiële aanvullers is gebasseer op ervaring en kan nie as feitlik beskou word nie. Geen finansiële produkte of aanvullers se name sal hier genoem word nie, aangesien dit as oneties beskou word.
Die skrywer bly annoniem omdat die bemarking van haar werkgewer oneties is, en ‘n verbreking van die Mediese Fonds Reguleerder en FAIS wetgewing. ANNONIEM

 

FB_IMG_1467633684260 (002)

My naam is Lana Theron. Ek is ‘n geregistreerde berader, ‘n mamma en vrou. Ek het verskeie grade in sielkunde en ondervinding met ‘n verskeidenheid kinder kwessies ek praktiseer ook privaat in Pretoria. Ek het gewerk as terapeut vir ‘n organisasie wat geplaas was by drie skole in Pretoria. Ek het ook onlangs ‘n mamma geword van ‘n baba dogtertjie. Ek hoop dat ek hier by Mammaklets my kennis nederig kan deel met ander ouers en ook sodoende kan leer by hul. LANA THERON

 

 

image003

Ek is ‘n 43 jarige ma van drie kinders.  Oudste is 15, Andrea, Werner is 13 en die baba in die huis, Barry (die glips) is 8. Ek is ‘n grafiese ontwerper en is gelukkig genoeg om van die huis te kan werk, dit gee my genoeg tyd om daar te wees vir my kinders.  Ek kan sport bywoon en al die middag ryery doen. Ek het myself 2 jaar gelede geleer om te skryf om uiting aan my emosies te gee.  Ek sal graag my storie met die lesers wil deel. Ek gebruik wel skuilname om my kinders te beskerm. NICKY MALHERBE

 

10527911_303306323174563_2992477545520140711172451 - Copy

Ek is n 28 jarige nuwe mamma van n 3 maande oue pragtige baba dogtertjie, en vrou van n wonderlike man. Ek het somotologie geswot en in Europa op n skip gewerk met onder andere verslankings behandelings en facials. Ek was skoonheidsterapeut en spa bestuurderes in Suid-Afrika, waar ek verder ondervinding opgedoen het in die skoonheidsbedryf.Ek het verder as fiksheidinstrukteur opleiding gekry en gewerk in n dames gym as n algemene en bemarkings bestuurder en ook n instrukteur. Ek het ook as stoelassistent by n tandarts gewerk. Gesondheid en skoonheid gaan hand aan hand en is n groot passie vir my. Ek geniet dit om ander vroue te inspireer en raad te gee. Dit is ook waarom ek tans n trourok besigheid besit. Op die ou einde van die dag kort die wêreld meer vroue wat mekaar ondersteun, aanmoedig en bystaan. En dit is my uiteindelike misie as blogger. MELISSA AUCAMP

 

mm1

My naam is Madeleine Mitchell, ek is getroud. ‘n Mamma van twee baie oulike dogtertjies, onder andere 4 jaar en 18 maande oud. Ek het ‘n voltydse werk en het ‘n passie vir kinders, mense en skryf. Ek is ook ‘n BabaGim instrukteur wat ouers leer hoe om hul babas se fisiese, emosionele en kognitiewe breintjies optimaal te ontwikkel deur hul sintuie te stimuleer en spiere te versterk, alles in die regte volgorde. Ek is n gekwalifiseerde joernalis en het ‘n graad in Skakelwese Bestuur. Ek glo vas dat as ons net leer hoe om reg te kommunikeer die wêreld ‘n beter plek sal wees. MADELEINE MITCHELL

mamm

Hallo mamma’s, pappa’s, ooms, tannies en sommer n warm HALLO aan elke mensie en blogger. Ek is Nastassja ,Ek is 29 jaar oud, (die jaar is die groot 30ste) . Ek het 3 kinders, 2 klein dogtertjes en 1 seuntjie. Boetie is nou 18 maande en mamma se hart se punt, sussies is 4 en 7 en eerlik waar my beste vriendinne. Absoluut. Regte raas bekkies. Ek werk voltyds by die Spraak en Gehoor Terapeut Praktyk. Ek geniet my werk en het n wonderlike baas. Ek geniet skryf en lees, veral goedjies wat inspirasie gee en jou siel voed. Ek is n Christen en werk daagliks daaraan om te probeer voluit en reg lewe vir Jesus. My stokperdjies is min aangesien al my kinders klein is en nog baie aandag nodig het, maar ek geniet wel hout werkies, skuur en stain en verf en mooi maak. Ek is getroud aan n wonderlike man, kon nie vir beter gevra het nie. Hy werk soms baie weg en het rowwe werks ure, maar steeds is hy my rots, my vriend my hart, soveel liefde vir hom. Sien uit daarna om saam te gesels en almal te leer ken. NASTASSJA COETZER

12108815_1055223971155009_6451433639092734059_n

Ek is ‘n baie jong getroude mamma (26) van 3 besige kinders (1, 6 en 7 jaar)! Ons bly al jare in Pretoria en dink nie ek sal sommer op die platteland oorleef nie. Ek werk al vir die afgelope ses jaar in die digitale bedryf. Ek het ‘n passie vir mense, kuns en skryf en vind dat dit die beste medisyne is vir enige iets wat negatiwiteit veroorsaak. Ek glo in respek en lojaliteit. Daar sal altyd verskille wees tussen mense maar kommunikasie is tot almal se beskikking! Tyd is iets wat nie gekoop kan word nie en dit bly vir my die beste geskenk! My beste sê ding: Hou jou voete plat op die aarde en ryk vir die sterre! NICI DE BEER

 

 

1111

Ek 27 jaar oud en beplan om mamma te word binne die volgende jaar. Ek het somatologie studeer waar ek daarna op die Amerikaanse skepe gewerk het in my beroep. Op die skepe was ons baie blootgestel om seminare te doen en weeklikse toere rondom die salon. Na my jaar het ek besluit ek wil graag meer van die wereld sien en het aansoek gedoek om Au-pair werk in Nederland te doen. Die jaar 2010 was n groot hoogtepunt waar ek baie geleer het. Ek het by n wonderlike gesin gebly en na 2 klein kindertjies gekyk. Toe ek terugkom SA het ek begin werk by n skoonheidskliniek in Ermelo. Na amper 6jaar het het besluit om my eie besigheid te begin. Ek wou nou my voete vind sodat waneer ons kinders het ek my eie ure kan werk. Deur die laaste 2 jaar het ek ook n aanlyn baba reeks begin waar ek verkillende produkte soos klere en bykomstighede verkoop en herverkoop. Dit is nogsteeds vir my vreeslik lekker om heeltyd op hoogte te bly van die nuutste modes. Ek het natuurlik ook begin kyk na n vel en lyfsorg produk vir die baba en mamma. Soms woon ek markte en feeste ook by vir meer blootstelling en bemarking. ZANELLE ODENDAAL

 

 

 

mariska ford (002)

Mariska Ford is ʼn vryskutskrywer en woon in Pretoria saam met haar man en twee seuns. Sy glo elke mens het ’n storie wat kan help om die wêreld ’n beter plek te maak. Haar lewensdroom is om hierdie stories op te spoor en met mense te deel. MARISKA FORD

 

 

 

Gina

Gina van Staden is ʼn gelukkig getroude vrou en ma van drie op-en-wakker kinders. Sy is op haar gelukkigste wanneer sy iets kan skep – van skryf, skilder, mooi koeke bak, klere maak en hare en grimering doen. Haar passie is om vrouens te motiveer en te inspireer sodat hulle die beste weergawe van hulself kan wees. Elke dag is ʼn nuwe geleentheid om iets nuut te leer en sy voel dat ʼn dag vermors word wanneer sy nie nog iets by haar algemene kennis-arsenaal kan byvoeg nie. GINA VAN STADEN

 

 

maria1

Soos meeste vrouens staan ek in verskeie rolle wat my daagliks op alle gebiede beproef en my die geleentheid gee om die beste weergawe van myself te ontdek. Ek is ‘n mamma. Ek het ‘n lewenslustige 10-jarige seun met ‘n aansteeklike sin vir humor en ‘n ou siel, wat daagliks hard werk om sy aandagafleibaarheid en disleksie te oorkom. My pragtige 6-jarige meisiekind kan jou hart laat smelt wanneer sy haarself in jou arms opkrul en mooi woordjies fluister. Sy het ‘n sterk persoonlikheid en het gereeld aanmoediging nodig om die reëls te aanvaar. Ek het ‘n engelkind. Hy het luidkeels die wêreld ingekom en het sag heengegaan in sy slaap. Te vroeg. Onverklaarbaar. Seer.  Ek is ‘n eggenote. Ek is 12 jaar getroud met die liefde van my lewe.  Dieselfde aand wat ek hom ontmoet het, het ek onmiddelik geweet dis die man met wie ek gaan trou.  Onverwags en heeltemal teen die grein van my analietiese en skeptiese self wat nooit impulsief optree nie. Hy laat my lag en is werklik enig in sy soort. Ek is ‘n beroepsvrou.  Ek het ‘n passie vir dit wat ek doen en beywer my vir die bevordering en ontwikkeling van mense en hul potensiaal. Ek beny die vrou wat haar voltyds kan toespits op haar gesin en bewonder die vrou wat haar loopbaan drome kan uitleef terwyl sy steeds die huishouding moeiteloos bestuur. Beide hierdie vrouens in my oë is suksesvol. Eendag as ek groot is hoop ek om een van dié vrouens te wees. MARIA LINDE 

ek en my pen

Ek is ‘n gelukkige vrou, ek is getroud en ons het ‘n kind wat my eindelose geluk gee. Ek het al dinge in die lewe beleef, soos elkeen van ons maar al het. Elkeen van ons stap ‘n pad, en die pad is nie altyd glad nie. Die ding is, hierdie donker of moeilike tye van my lewe het nie meer ‘n houvas op my nie, maar vir een of ander rede maak dit nie mense minder ongemaklik as ek daaroor praat nie. Die rede hoekom ek ,* ek en my pen begin het, is sodat ek kan sê wat gebeur het of wat ek dalk beleef, sonder oë wat na my kyk en dink ag siestog, want ek is nie meer ‘n slagoffer nie maar dit is deel van my lewe en vorm ‘n deel van wie ek is vandag, ons almal kort soms ‘n plek om te praat sonder ‘n verwagting van wat mense gaan dink of sê, soms wil ek ook net sommer oor alledaagse dinge skryf, sonder om dit te versag. * Ek en my pen is die rou, onafgewerkte ek wat ek met mense wil deel, en dalk kan dit selfs iemand help, al is dit net om te sê, jy is nie aleen nie, want iewers het elkeen van ons ‘n storie wat vertel moet word, maar ons net nie kan hardop sê nie. Ek gaan dinge sê en uithaal wat soms diep begrawe is of wat dalk nog besig is om my te skaaf, ek gaan als ontbloot met geen pretensie of valsheid nie. Ek en my pen sal skryf wat gehoor moet word daar buite, en ek sien uit om my masker vir julle af te haal en my hart te ontbloot. EK EN MY PEN

outannie1

Veertig is nie vir sissies nie, oor veertig is vir hero’s en oor 40 met ‘n kind in matriek en een in die laerskool is vir superhero’s.  Probeer dan tussen-in nog ‘n werkende ma, chef, huweliksberader, kindersielkundige en jack of all trades te wees en jy besef gou jy is meer in die klas van die supernova!  Dis nou wat die Ou Tannie Blues oor gaan.  Oor supernova mamma’s!  Superhero’s wat soms die plot verloor, maar nooit hul sin vir humor nie.  Ek vertel my alledaagse stories, dis my blues.  MY OU TANNE BLUES

 

 

 

 

Gebore Vrystater, amateur-fotograaf, aspirant-skrywer, tuisblyma, wildtuinverslaafde, introvert en dagdromer wat inspirasie kry in die alledaagse gesprekke tussen mense, want elkeen het ‘n storie om te vertel. In die restaurant, haarsalon, winkel of selfs by die ginekoloog is die kanse goed dat ek luister na wat gesê word – en moontlik oor jou gaan skryf! My tweejarige dogtertjie toets elke faset wat in die heelal bestaan en sodoende leer ek myself nogsteeds ken en verstaan. My leuse vir die lewe: Jy is nooit te oud nie en moenie verskonings soek nie.  GERDA NIEMANN

gerdan

Gebore en getoë in die Oos Vrystaatse vlaktes. Hiér weggesteek op ‘n plaas maak ek en my man, Theuns, twee kleuters groot. Tussen hektare mielies, soja’s en ‘n trop beeste wend ek my heel dikwels tot pen en papier. Dit is dán wanneer ek droom en filosofeer meestal oor die lewe en sy mense daarin. Ek is ‘n Groei-vraat! Groei is só belangrik. Ek wil lees, leer en wéét tot ek die dag my kop neerlê. ‘I call a spade a spade’ en loop met my hart op my mou. Ek reis deur my lewe saam met God.  HANNETJIE BROOKShannetjie

 

 

 

 

 

 

 

ANTON Ek is sommer net Anton van die Weskus waar ek kiekies maak en stories skryf. Sommer oor alles, want dis vir my lekker. Verder is ek man vir my vrou en pa vir my twee dogters. My hartsmense vir wie ek deur vuur sal loop en oor mure sal klim. Ek sê ‘n ding soos ek hom dink, maar sit nooit ‘n punt agter ‘n opinie nie, net ‘n komma, sodat mense kan saam gesels en ek meer kan leer. Ek is ook ‘n Opgeleide Trauma Terapeut met so ses jaar ondervinding en ‘n
Narratiewe huweliks- en gesinsterapeut met sestien jaar ondervinding (M Graad in Narratiewe Gesinsterapie). ANTON BESTER

“Thirty-something” vrou van ‘n ongelooflike man & pa; en voltydse, werkende mamma van ‘n pragtige tiener dogter & hulle wonderwerk, preemie, 10 maande oue drieling (2 seuns, 1 dogter).
Komiese, gelukkige, dramatiese, emosionele, passievolle mens-mens wat lief is vir haar gesin/familie, haar werk, heerlike kos, oordosis koffie en wyn. Baie daarvan. MARISOL BASSON – Skrywer van “Becoming 6”marisol

Te naby aan 30 jaar jonk na my sin.
Jongste van 2, die boetie my hero.
Getroud aan n badass – vanwaar die aanvanklike verliefdheid.
Die Man Daar Bo het, na my mening, die mooiste blondekop Kaboud-outjie aan ons as ouers toevertrou.
Onderwyseres vir peuter kinder-hartjies met hare.
Mense wie my ken sal sê ek dra my hart op my mou, vir my is dit ligtelik gestel.
Aktivis borsvoeder, rebelse tiener, liefdevolle mamma, uit-die-boks-juffrou, uitdagende eggenoot, passievolle skrywer.
Meeste van die tyd basies histeries.
Over and out

ANOESJKA COLLETAnoesjka Collett bio foto (002)

 

 

 

 

 

 

 

NOLENE VAN DER MERWE 

 NOLENEEk is ‘n geskeide mamma met een seuntjie. Het lank as joernalis gewerk maar besit vandag my eie internasionale besigheid wat ek van die huis af bestuur.
Ons bly in Pretoria en het drie Yorkshire terriers wat my ander kinders is.

 

 

 

 

DIS EK, LIESBET

Na kinderjare wat arm was aan geld, maar ryk aan liefde het ek nie gedink die lewe kan nog klappe uitdeel nie, maar groot was my fout.  Ek deel graag met julle my storie.liesbetfoto